
God is liefde
1 Johannes is ‘n pastorale preek deur die Apostel Johannes. As bejaarde leraar het hy steeds die gemeente in Efese bedien. Daar word vertel dat wanneer hy moes preek, hulle die gryse ou leraar – sy bynaam was die Apostel van liefde – op ‘n stoel die vertrek ingedra het. Dan het hy sit en preek, dieselfde boodskap oor en oor – soos ou mense maar maak: “My liewe kinders,” het hy met bewende stem gesê, “God is liefde; daarom moet julle mekaar liefhê.” Net dit, elke keer: God is liefde, daarom moet ons mekaar liefhê. Dis goed om dié boodskap so herhalend te hoor. Want dis tog die kern van alles wat ons glo, die hart van die evangelie.
Topics:
Ordinary time / Koninkrykstyd