
Exaudi – Luister, hoor
Exaudi-Sondag val net mooi tussen Hemelvaart en Pinkster. Jesus het van sy dissipels afskeid geneem; Hy is voor hul oë deur ‘n wolk weggeneem. Sy dissipels het Hom agterna probeer kyk, maar hulle kon nie. Want Hy was nou weg, nie meer by hulle nie. Toe kom die gemis, die verlies wat tipies deel is van afskeid. Nou is Hy buite hoorafstand, Hy ons nie meer hoor nie, of ons vir Hom nie? Hoe gaan ons nou kommunikeer?
Topics:
Pentecost / Pinkster