Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file
Die Here ontmoet Moses, en Moses se gesig straal
2 February 2022

Die Here ontmoet Moses, en Moses se gesig straal

Passage: Eksodus 34: 1-10a, 29-35

Waarom gaan ons op ‘n Sondagmôre kerk toe? Gebeur daar iets? Wat gebeur daar? Wat behoort daar te gebeur? Daar is kerke en mense vir wie dit gaan om die skouspelagtige, of die genotvolle ervaring, selfs die blote vermaaklikheidswaarde (entertainment) – mooi musiek, goeie klank, ‘n motiverende preek, selfs ‘n grappie of twee. By ander gaan die erediens in die eerste plek oor ons wat God kom dien en aanbid. Juis daarom noem ons dit tradisioneel ‘n erediens, ons ere-diens aan God. Maar eintlik behoort dit in die eerste plek te gaan oor God wat ons ontmoet, en God wat óns dan bedien. In Engels sou mens daarom eerder van ‘n divine service as ‘n worship service praat. Miskien moet ons in Afrikaans liewer die woord Goddelike bediening gebruik. Want hier gaan dit in die eerste plek oor God wat ons met sy liefde en genade bedien; Hy wat ons ontmoet en sy verbond met ons bevestig, Hy wat sy seën oor ons uitspreek en ons bedien met die blye boodskap, die evangelie. Natuurlik dien ons ook vir God, maar in die eerste plek gaan dit oor God wat ons bedien. Die doel met die liturgie, of orde vir die erediens, is dan om hierdie ontmoeting van God met ons te help begelei.

Download Files Notes