Christus, en Hom as gekruisigde
Vandag is dit die tweede Sondag van Epifanie. Gedurende Epifanie dink die kerk wêreldwyd oor die onthulling dat Jesus Christus regtig die Messias is, die een wat God gestuur het om ons te kom verlos. Epifanie volg op Kersfees en fokus op die vraag: hoe het hierdie geheim dat die baba in die krip van Bethlehem inderdaad God self is wat mens kom word het, bekend geraak? Hoe het hierdie groot waarheid aan die lig gekom? Op grond waarvan behoort ons dit te glo?
Topics:
Epiphany / Epifanie