Niks is vir God onmoontlik nie
“Niks is vir God onmoontlik nie.” Dis die een gedagte wat uitstaan in hierdie uitsonderlike verhaal. Want die verhaal vertel van die dag toe die onmoontlike gebeur het – dit wat ver bokant ons menslike vermoëns en begrip uitgaan. Wat hier gebeur is ‘n misterie; jy kan dit eintlik nie in woorde gesê kry nie. Dit vertel van dié dag toe hemel en aarde ontmoet het, toe die Ou en Nuwe Testament aan mekaar geraak het, die historiese moment waar die Skepper in sy skepping ingebreek het, waar God die grens tussen die goddelike en menslike oorgesteek het. Hier word vertel van die wentelpunt toe God self mens kom word het … op hierdie punt het die ganse geskiedenis gekantel en ‘n nuwe loop geneem.
Topics:
Epiphany / Epifanie