![Moenie oordeel voordat die Here kom nie](https://clf.co.za/wp-content/uploads/sermons/2021/12/Moenie-oordeel-voordat-die-Here-kom-nie.jpg)
Moenie oordeel voordat die Here kom nie
Soos dit op baie plekke en in vele kerke gebeur, was daar spanning in die gemeente van Korinte. Daar was drie leiers in die gemeente betrokke: Paulus, Apollos en Petrus. En soos dit maar gaan, ontstaan daar toe drie faksies: party was vir Paulus, ander vir Apollos en ‘n derde faksie vir Petrus. ‘n Deel van die gemeente was veral teen Paulus gekant, want hy het die klem op Christus as die gekruisigde gelê. Christen-wees het met selfprysgawe te doen, het hy gepreek. Van so ‘n boodskap het ‘n groep lidmate net mooi niks gehou nie. Hulle het Paulus se gesag as apostel bevraagteken, sy optrede skerp veroordeel. Dit alles het gedreig om die gemeente te skeur.
Topics:
Advent / Adventtyd