As U maar die hemel wou oopskeur
As mens mooi nadink oor die tyd waarin ons leef, sou ons dit kon beskryf as ‘n tyd van “Godsverduistering”. Amper soos sonsverduistering wat gebeur as die maan net mooi tussen die aarde en die son inskuif, sodat dit ‘n skadu oor die aarde gooi. Dit beteken nie die son verdwyn nie, maar omdat dit afgeskerm word, kan ons dit net nie meer sien nie. Vir ‘n tyd lank kan die son se warm strale nie die aarde bereik nie.
Topics:
Advent / Adventtyd