Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file
“Die Here is ons geregtigheid”
29 November 2021

“Die Here is ons geregtigheid”

Passage: Jeremiah 23:1-8

Teen watter agtergrond moet ons dié gedeelte verstaan?
In die geskiedenis van Israel staan koning Dawid uit as die groot volksheld. Hy was die beste koning ooit, ‘n man na God se hart! Hy het Israel se grondgebied uitgebrei en regverdig teenoor almal regeer. In sy tyd was daar vrede, veiligheid en voorspoed, die volk was verenig. Maar die konings wat na hom gekom het, almal seuns uit sy nageslag, was glad nie goeie konings nie. Om die waarheid te sê, hulle was magsbehep, korrup, onregverdig, gewoon dwaas. Erger nog, hulle het die volk Israel verlei om agter ander gode aan te loop. Hulle het hulle rug op die God van hul vaders gedraai. Daarom het die volk in twee geskeur, selfs teen mekaar geveg, en uiteindelik het hulle almal in ballingskap beland. Jerusalem en die tempel is verwoes, die mure is platgeslaan. En dis nou vir hierdie ballinge wat hartseer en moedeloos in ‘n vreemde wêreld sit en terugverlang het na soos dit in Dawid se tyd was, wat die profeet Jeremia hier skryf.

Download Files Notes