Die skepping sug
Paulus stel hier twee eras, twee tydperke teenoor mekaar. Die hede teenoor die toekoms. Die era waarin ons nou leef, die hede, word gekenmerk deur lyding, verganklikheid, gebrokenheid. Die era wat kom, God se toekoms, word weer gekenmerk deur heerlikheid, vrede, die heel word van alles. Plaas jy nou dié twee eras in ‘n skaal, dan weeg die toekoms verreweg die swaarste. Die lyding wat ons nou verduur weeg nie op teenoor die heerlikheid wat kom nie.
Topics:
Ordinary time / Koninkrykstyd