
As die Koning kom!
Ons ken hierdie gedeelte oor die skeiding tussen skape en bokke goed. Soos ‘n herder wat die bokke uitkeer, aan die linkerkant, en die skape aan die regterkant. En dis duidelik: die skape is hier die goeies, die bokke die slegtes. Maar hoe moet ons dit regtig verstaan? As ‘n presiese verduideliking van hoe dit gaan wees in die oordeelsdag, aan die einde van die tyd? Wil Jesus ons hier bangmaak vir die verskrikking van die oordeelsdag, sodat ons hard moet probeer om die skaaptrop te haal – amper soos die monsteragtige drake-beelde in die Middeleeuse kerke. Dink maar aan die twee skrikwekkende leeus waarop die preekstoel in die Grootte Kerk in die Kaap staan – duidelik bedoel om mense bang te maak vir die oordeelsdag.
Topics:
Ordinary time / Koninkrykstyd