Ein feste Burg ist unser Gott
“Eein feste Burg ist unser Gott, ein gute Wehr und Waffen, Er hilft uns frei aus aller Not, die uns jetz hat betroffen” “A mighty fortress is our God.” “A vaste burg is onse God” So het Martin Luther hierdie Psalm berym en getoonset. Hy het die gesang geskryf toe Turkse magte op die punt was om dele van Europa met geweld oor te vat en aktivistiese geesdrywers die Hervorming byna laat ontspoor het. Die gesang het nie net die strydlied van die Hervorming geword nie, dit het wêreldwyd gewild geword: ‘n lied van vaste vertroue in God, ‘n diepe troos in sy teenwoordigheid. Die gesang is in meer as 200 tale vertaal.