Elia onder die besembos
Die profeet Elia het ‘n baie besonderse plek in die Ou Testament ingeneem; hy word dikwels met Moses gelykgestel. Beide Elia en Moses het ‘n ontmoeting met God op die berg Horeb gehad, beide was teenwoordig op die berg toe Jesus verheerlik is, beide was maar swakke mense wat voor hulle roeping gehuiwer het, beide het soms baie moedeloos geword. Maar beide is dan weer deur die Here opgetel en opnuut geroep en bemagtig vir hulle taak.
Topics:
Lent / Lydenstyd