Gaan in vrede
Hierdie Lukas-verhaal van die vrou wat Jesus gesalf het, lê die klem anders as by die ander Evangelies. By die ander Evangelies verwys die salwing na Jesus se komende kruisiging en sterwe, sy begrafnis. In Lukas se verhaal gaan dit egter oor vergifnis, Jesus se barmhartigheid, sy medelye met sondaarmense. En dit gaan oor die reaksie wat dit by mense uitlok. Jesus se medelye met mense wat swaarkry is so oorweldigend, dat dit uiteindelik ‘n skerp profetiese kritiek is op die heersende kultuur, die sosiale waardes en gebruike van sy tyd.
Kom ons probeer op ‘n nuwe manier na hierdie bekende verhaal luister.
(Foto: Painting by Julia Stankova of Bulgaria. http://www.juliastankova.com/home.html)
Topics:
Ordinary time / Koninkrykstyd