Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file
Om sout en lig te wees
30 August 2023

Om sout en lig te wees

Passage: Matteus 5:13-16

Jesus se bekende uitspraak oor sout en lig vorm deel van die Bergpredikasie. Jesus sit teen die berg en onderrig sy dissipels, die nouer kring, wat later ‘n hele skare sou word. Jesus verduidelik dan die grondbeginsels van die nuwe lewe wat deur sy koms ingelei is. Net soos sy Vader op die berg Sinai aan die volk sy Tien Gebooie gegee het, gee Jesus hier aan sy volgelinge die grondreëls vir lewe in die nuwe koninkryk. Dit gaan daaroor om afhanklik van God te lewe; om te treur oor die gebrokenheid van die wêreld; om met sagte oë na ander te kyk; om op te staan vir wat reg is; om deernis te hê; ‘n vredemaker te wees; opreg te wees; bereid te wees om swaar te kry ter wille van dit wat goed en reg is – en dit alles met blydskap te doen. Só lyk die lewe van volgelinge van die Here, spel Jesus uit.

Foto: https://pixabay.com/photos/bible-salt-and-light-symbolism-2461826/

Download Files Notes