Wanneer grensgebiede dun ruimtes word
Dis ‘n bekende verhaal; ons ken dit van ons Kinderbybel-tyd af, toe ons ouers ons geleer het om altyd mooi dankie te sê. Om nie soos die nege melaatses skoon te vergeet om dankie te sê nie, maar soos die een te wees wat teruggedraai het om te kom dankie sê. ‘n Eerste lessie in karaktervorming: om dankbaar te wees, om nooit te vergeet om vir God dankie te sê vir al sy goedheid en guns nie, en ook vir mense dankie te sê vir hulle gunste en gawes nie.
Topics:
Ordinary time / Koninkrykstyd