“… in jou mond en in jou hart”
Ons verlossing kom deur genade alleen. Hierdie genade ontvang ons alleen deur die geloof – geloof in Jesus Christus ons Here. En Jesus Christus leer ken ons deur die Skrif alleen. Hierdie kernwaarhede word in die protestantse wêreld opgesom in die vierledige slagspreuk: sola gratia, sola fide, solus Christus en sola Scriptura. Dis presies oor dié vier solas waaroor ons skrifgedeelte in Romeine 10:5-17 gaan.
Topics:
Ordinary time / Koninkrykstyd