Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file
Probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen
17 October 2022

Probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen

Passage: Ef 5:15-20

Paulus skryf hier vir ‘n klein gemeente in die groot stad Efese. In Efese het die beroemde tempel van Artemis gestaan, een van hoof godinne van die Grieks-Romeinse wêreld. Sy was veral die godin van losbandigheid, van die mens wat hom of haarself deur niks laat bind nie. Juis binne hierdie stad, so skryf Paulus, is dit belangrik dat die gelowiges reg sal lewe, soos verstandige mense, verantwoordelik, met ‘n etiese wysheid. Gelowiges moet moeite doen om te verstaan wat die Here se wil vir hulle lewe is. Probeer te wete kom… blykbaar is dit ook nie so maklik om presies te weet wat die Here se wil is nie; dis nie so voor die hand liggend nie. Jy moet soek daarvoor, jou inspan, die geleenthede en omstandighede reg lees. Wysheid, nie dwaasheid nie, moet gelowiges se lewe kenmerk. Veral ook in dié hoofstad van die Griekse filosofie.

Download Files Notes