Wet en Evangelie
Martin Luther maak skerp skeiding tussen wet en evangelie; al wat saak maak is eintlik die evangelie, genade alleen. Die evangelie maak ons vry van die wet – ons hoef nie eers aan die wet te voldoen om gered te word nie. Lutherane is daarom bang die wet kruip iewers weer terug as iets waaraan mens moet voldoen – ‘n teologie van verdienste. Daarom is die wet tereg uitgeskuif, agtertoe geplaas, ook in die liturgie, sodat die evangelie op die voorgrond kan staan.
Topics:
Ordinary time / Koninkrykstyd