Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file
U is die Christus
25 April 2022

U is die Christus

Passage: Markus 8:27-38

In die kerklike jaar is ons op pad na die lydenstyd. Mens sou die kerklike jaar ook kon sien as ‘n pelgrimstog, met stasies langs die pad. Markus se hele boek is ook as ‘n reisjoernaal geskryf. Jesus is saam met sy dissipels op pad. Die reis begin by Nasaret, in Joodse gebied. Maar as die Jode Jesus verwerp, reis Hy na heidense gebied. Ook daar doen Hy wonders, vertel Hy oor die koninkryk. En dan kom die omdraaipunt hier in ons teksgedeelte, waar Jesus nou terugdraai Jerusalem toe, om daar te gaan ly. Hier kondig Jesus dit die eerste keer vir sy dissipels aan … ons pad loop nou Jerusalem toe. By hierdie draaipunt gebeur daar drie uitsonderlike dinge

Download Files Notes