Verheerliking
Ons vier vandag Palmsondag. Die Sondag voor Jesus se kruisiging het Hy op ‘n donkie die stad Jerusalem ingery. Mense het hulle klere voor Hom in die pad oopgegooi. Ander het takke geswaai, terwyl hulle Hosanna sing: “… heerlikheid in die hoogste”. Dis dieselfde lied wat die engele gesing het toe hulle Jesus se geboorte aangekondig het. Gloria in excelsis, Ehre sei Gott in der Höhe – so sing ons ook elke Sondag hier voor die altaar. Heerlikheid, Glory. Dis waaroor Jesus hier in die eerste klomp verse van Johannes 17 bid – verheerlik My, en verheerlik Uself, O Vader. Wat beteken dié mooi woord verheerlik, heerlikheid?
Topics:
Lent / Lydenstyd