Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file
Abraham, die vader van geloof
18 September 2023

Abraham, die vader van geloof

Passage: Genesis 15:1-6

In hierdie gedeelte is veral vers 6 belangrik: “Abram het die Here geglo, en Hy (God) het sy geloof vir hom as regverdiging gereken.” Hierdie woorde word netso deur Paulus in Romeine (4:3) en in Galasiërs (3:66) gebruik om te verduidelik hoe geloof werk, hoe ons regverdig verklaar word, nie op grond van ons goeie werke nie, maar alleen op grond van ons geloof. Daarom word Abraham die vader van geloof genoem. As die boek Hebreërs (11:8-11) Abraham as geloofsheld voorhou, ‘n model van ware geloof, dan verwys dit ook direk na hierdie vers. In sy brief verduidelik Jakobus (2:23)  die verhouding tussen geloof en goeie werke deur ook na hierdie teks te verwys. Om te verstaan wat geloof is, hoe ons deur ons geloof gered word, is dit dus ‘n sleutelteks: “Abram het die Here geglo, en God het sy geloof vir hom as regverdiging gereken.”

Foto: Calwaen Liew https://unsplash.com/photos/u4u8yUXkcyE

Download Files Notes