Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file
Maar nou … moenie bang wees nie.
11 September 2023

Maar nou … moenie bang wees nie.

Passage: Jesaja 43:1-7

In my lang bediening as pastor het ek dikwels hierdie teks van Jesaja 43 vir mense voorgelees, by ‘n siek- of sterfbed, wanneer mense bang of onseker voel. Want dis een van die mees troosryke gedeeltes in die Skrif: “moenie bang wees nie, want ek het jou losgekoop. Ek het jou by jou naam geroep – aan My behoort jy. As jy deur die water moet gaan – Ek is by jou, of deur riviere, hulle sal jou nie oorspoel nie. As jy deur vuur moet gaan – jy sal nie geskroei word nie ... want ek is by jou.”  So troos die Here sy volk. So troos Hy ons vandag nog.

Foto: Marco Blažević: https://unsplash.com/photos/4ibyBpL6bBA

 

Download Files Notes