“Die gesig van God”
Op hierdie eerste Sondag na Opstandingsondag, gaan dit oor die vraag van mense wat skepties sê: Sien is glo! Eers as ons Jesus kan sien, sal ons glo. As ons sy gesig kan sien, sal ons weet Hy het regtig opgestaan. Meestal gaan die boodskap op hierdie Sondag oor Thomas wat deur die opgestane Christus uitgenooi word: “Kom kyk, steek jou vinger in my wond, maak seker dat dit regtig Ek is wat opgestaan het.”
Topics:
Pentecost / Pinkster