Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file
Geroep tot swak-wees – die waagstuk van geloof
1 July 2024

Geroep tot swak-wees – die waagstuk van geloof

Passage: 2 Korintiërs 12:1-10 (Genesis 12:1-4 & Luk 5:1-11)

In die gelese gedeeltes is daar drie roepingsverhale. Al drie vereis ‘n geloofsprong, waagmoed. Want om as gelowige geroep te wees, vra uiteindelik kruis-opneem, selfprysgawe, jou lewe as offer. Om gehoorsaam, gelowig te bly glo, al is daar niks meer as net ‘n belofte om aan vas te hou nie, kos waagmoed. Gelowig wees vra ‘n prys; dis nie goedkoop nie. Hoor egter mooi:  verlossing is verniet, dis net maar genade. Om egter as verloste te leef, ‘n gehoorsame dissipel te wees, dít vra ‘n prys. Dis duur!

Download Files Notes