Oorwin die kwaad deur die goeie
As iemand jou kwaad aangedoen het, hoe reageer jy? Anders gestel: hoe hanteer ons konflik? Of dit nou konflik tussen lande of groepe mense is, of konflik by die werk, in jou gesin of in jou huwelik?
Tussen ‘n klomp gewelddadige hoofstukke in die boek Samuel is daar hierdie mooi verhaal oor die konflik tussen Saul en Dawid, en hoe Dawid die kwaad deur die goeie oorwin het. Waarskynlik het Paulus dié verhaal in gedagte gehad toe hy die gedeelte oor vergelding in Romeine 12 geskryf het. Watter beginsels leer ons hier?
Topics:
Ordinary time / Koninkrykstyd