Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file
Moses worstel met God
2 July 2024

Moses worstel met God

Passage: Eksodus 32:1-14

Vir verlede week, Kantate Sondag, was die oproep: sing! Vandag, Rogate, is die oproep: bid! Ons teksgedeelte onderstreep gebed.

I

In die eerste gedeelte van die verhaal gaan dit oor wat die volk Israel aangevang het. Hulle leier Moses was nog op die berg Sinai, waar God sy wetsvoorskrifte aan Moses gegee het. Moses het te lank na die volk se sin weggebly. Hulle het paniekerig geword: wat het van Moses geword? Moses was immers die man wat hulle uit Egipte verlos het. Hoor mooi wat sê hulle: nié God nie, maar Moses het hulle uit slawerny bevry. En omdat hulle hoop en vertroue op die mens Moses was, het hulle vreesbevange geword toe hy te lank wegbly

Download Files Notes