Liefde
1 Korintiërs 13 is die Hooglied van die Liefde. Dit word dikwels by huweliksbevestigings gepreek. En dit is goed so; dis immers ook van toepassing op die huwelik. Maar, hoe belangrik of mooi romantiese of erotiese liefde tussen ‘n paartjie ook al is, 1 Korintiërs 13 gaan regtig nie in die eerste plek daaroor nie. En dit gaan beslis ook nie oor die sentimentaliteit van hartjies en strikkies, liefde as ‘n blote gevoel of emosie, of as kommoditeit wat jy kan bemark soos die afgelope week met Valentysdag nie. Nee, hier gaan dit juis nie oor dié uitgeholde begrip van liefde nie, maar liefde as ‘n etiese ingesteldheid, as ‘n lewenswyse, liefde as werkwoord, as die navolging van die soort liefde wat Christus Jesus self in ons stukkende wêreld kom bring en leef het – dit gaan om navolging van Jesus op sy kruisweg van liefde.
(Daarom dink ons hieroor na op die Sondag voor lydenstyd)