Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file
‘n Gasvrye gemeente
9 December 2024

‘n Gasvrye gemeente

Passage: Romeine 14:1-13

In die eerste gedeelte van die Romeine-brief gaan dit oor ons verlossing, uit genade alleen. Ons hoef die verlossing in Christus net maar te glo. In die tweede deel van die Romeine-brief gaan dit oor die vraag hoe verloste Christene se lewe behoort te lyk? En in die gelese gedeelte gaan dit oor hoe om ‘n gasvrye gemeente te wees, ‘n gemeente waarin almal welkom voel, deel kan wees.

Om ‘n gasvrye gemeente te wees, was vir die Romeine nie so maklik nie. Hulle was klein groepies Christene wat in huiskerke bymekaar gekom het – familie-groot kerke, amper soos ons eie gemeente. In sulke kerke was daar allerlei verskille wat maklik tot konflik kon lei.

Download Files Notes