Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file
Op die rug van ‘n donkie
9 December 2024

Op die rug van ‘n donkie

Passage: Matteus 21:1-11

Oor dié teks word gewoonlik op Palmsondag gepreek. Dit gaan oor Jesus wat Jerusalem op die rug van ‘n donkie  binnegery het, sy kruisdood tegemoet. Maar dis ook as preekteks voorgeskryf vir die eerste Adventssondag. Dis vol verwagting, opwinding. Jesus kom, Hy kom as die Messias, die Koning … en  Hy kom op die rug van ‘n donkie!

“Op die rug van ‘n donkie” … dis nie so ‘n onskuldige sinnetjie nie. Daarin sit diep simboliek. ‘n Donkie is inderdaad méér as net ‘n deerniswekkende dier. My liewe vrou is vreeslik lief vir donkies.  Ons hele huis hang vol donkie-prente. Hoekom dan donkies? Ronel se pa is destyds in Wellington as sendeling opgelei. En die sendelinge het vir hulleself die erenaam Donkies toegeëien. Soos die donkie Jesus Jerusalem ingedra het, so dra hulle die evangelie die wêreld in. Op die rug van donkies…

Download Files Notes