Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file
‘n Psalm oor hoop vir die toekoms
9 December 2024

‘n Psalm oor hoop vir die toekoms

Passage: Psalm 126

Voor ons na die Psalm self kyk, net eers iets oor die kerkjaar. Vir Lutherane is die kerkjaar of godsdienstige seisoene belangrik. Ons hou graag daarby. Die kerkkalender loop anders as die gewone jaarkalender. Vandag is die laaste Sondag van die kerkjaar. Daarom besin ons vandag oor die ewigheid of oor die dood. Volgende week begin die nuwe kerkjaar met die seisoen van Advent – die vier Sondae waarin ons in afwagting uitsien na Kersfees, die viering van die geboorte van die Verlosser. Op die eerste Sondag in Januarie begin die seisoen van Epifanie – die bekendmaking van wie die Jesus wat as mensekindjie gebore is, werklik is. Dan begin Lydenstyd, ‘n seisoen waarin ons ons inleef in Christus se lyding, met as dieptepunt Goeie Vrydag. Dan raak ons stil as ons die diepte van sy lyding beleef. Op Paassondag breek die Paasseisoen aan – ‘n viering van die opstanding. Net  soos ons ons ingeleef het in Jesus se lyding in die lydenstyd, help die seisoen van Pase ons weer om ons in te leef in die opstanding, ons lui die vreugdeklokke, want dis asof dit onsself is wat opgestaan het. Dan breek Pinkstertyd aan, die volle openbaring van die Drie-enige God, Vader, Seun en Gees. Ons dink dan oor die werk van die Drie-enige God, tot aan die einde van die kerkjaar. Ons vier die seisoene liturgies, asof dit weer en weer met ons gebeur. Dis eintlik wat geloof ten diepste is, ‘n toe-eiening van die historiese heilsgebeure asof dit nou weer, hier waar ons saam aanbid, met ons self gebeur, soos in seisoene, weer en weer.

Download Files Notes