Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file
Om reg te kan sien
7 September 2022

Om reg te kan sien

Passage: Handelinge 9:1-20

Lukas vertel die verhaal van Paulus se bekering op ‘n spesiale, fyn gestruktureerde manier, sodat dit ‘n spesifieke boodskap oordra. Belangrik in die verhaal is die woorde sien, nie sien nie, visioen, lig en donker. Mens kan sien, en alles tog so verkeerd sien. Mens kan sien, en tog ook nie sien nie. Of, jy kan alles in ‘n nuwe lig sien. Dis wat bekering beteken, die vermoë om op ‘n nuwe manier te kyk, alles in ‘n nuwe lig te sien. Hierdie verhaal van nuut leer kyk struktureer Lukas dan soos ‘n drama, met vyf bedrywe.

Download Files Notes