Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file
In pas met die Heilige Gees
3 October 2022

In pas met die Heilige Gees

Passage: Galasiërs 5:25-6:10

In Galasiërs 5:1 het Paulus ‘n belangrike vers oor vryheid van ‘n Christen geskryf: “Vryheid is waarvoor Christus ons bevry het! Staan dan vas, en laat julle nie weer onder ‘n juk van slawerny indwing nie” So belangrik is dié teks, dat Martin Luther ‘n hele boek daaroor geskryf het: “Oor die Vryheid van die Christen” As Christene is ons werklik vry. Vrygekoop. Vry van die Wet. Aan niks of niemand onderworpe nie. Daar is egter twee groot uiterstes waarteen ons moet waak, anders verloor ons dalk die vryheid. Aan die een kant moet ons waak teen wettisisme, en aan die ander kant teen wetteloosheid. Met wettisisme bedoel ons die poging om die wet so slaafs na te volg dat ons nie meer vry is nie. In wetteloosheid word ons weer slawe van onsself, ons eie drange en drifte. En netso word ons slawe van ander se drange en drifte.

Download Files Notes