Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file
U is ons vader, Here
29 December 2020

U is ons vader, Here

Preacher:
Passage: Isaiah 64:1-9

Die preek uit Jesaja 64:1-9 is op die Eerste Sondag van Advent in die NGK gemeente Zwaanswyk gelewer. Die fokus van die boodskap was op die interaksie tussen die atmosfeer van afwagting, verwagting en hoop wat die kerklike seisoen van Advent kenmerk enersyds, en die worsteling van die geloofsgemeenskap binne die besondere historiese konteks aan die einde van 2020, andersyds. Dit geld beide vir die breër samelewing én die besondere situasie waarbinne hierdie spesifieke gemeente haarself bevind. Die gemeenskaplike klaagpsalm as literatuursoort, waarvan Jesaja 64 verteenwoordigend is, bied die teologiese woordeskat vir die geloofsgemeenskap om in ʼn tyd soos hierdie met God in gesprek te tree oor ons ervaringe van die lewe as mense wat God aanbid. Daarom kan eie toepassings gemaak word waar die preek spesifiek verwys na die Zwaanswyk konteks.

Die preek sluit aan by die preekstudie wat prof. Louis Jonker vir die Woord en Fees bundel van Bybel-Media en Ekklesia geskryf het, met die oog op die 2020/21 Liturgiese jaar. Die tweede deel van die preek bevat heelwat gedagtes uit Jonker se preekstudie in bogenoemde publikasie.

Download Files Notes