Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
Search in posts
Search in pages
wpfc_sermon
wpfd_file
Waarop mag ons roem?
28 February 2022

Waarop mag ons roem?

Passage: Jeremia 9:23-24

Jeremia tree op as profeet in ‘n tyd van groot politieke en maatskaplike onrus – tydens sy leeftyd het die Babiloniërs die Tempel in Jerusalem verwoes, die stad se mure omgegooi en die meeste Jode in ballingskap weggevoer. Jeremia self was vir ‘n tyd ‘n balling in Egipte. In die boek Jeremia lees ons heelwat van die profeet se eie geloofswroeging. Op ‘n stadium is hy in ‘n put gegooi deur mense wat nie meer na hom wou luister nie. Hy moes ‘n moeilike boodskap oordra, van oordeel en straf op mense wat aan die Here ontrou geword het. Die boodskap wat hy aan sy eie mense moes bring was verdoemend, tragies. “Die lyke van mense sal soos mis op die veld lê, en soos gesnyde graan agter die snyer” (9:22). Dan het Jeremia klaagliedere gesing: “Droefheid oorval my; my hart is siek in my” (8:18).

Download Files Notes