Wie mag aansit aan die tafel van die Here?
In die Evangelie van Matteus is dit ‘n bekende en belangrike verhaal. Die tollenaar wat Jesus hier in die dorp Kapernaum geroep het, se naam was ook Levi – so noem Markus en Lukas hom. Maar hier word hy Matteus genoem. Die skrywer van die Matteus-evangelie maak dit duidelik: dis oor myself wat ek hier skryf. Dis my persoonlike roepingsverhaal. Niemand minder as ekself was daardie tollenaar wat daardie dag geroep is nie. Dis asof Matteus wil sê: “Ek skryf hier heel persoonlik, oor myself, en my verhouding met die Here Jesus. Dis vir my belangrik dat julle fyn sal hoor wat ek hier vertel.”
Topics:
Epiphany / Epifanie