Die wysheid van Salomo
As mens ‘n moeilike keuse moet maak, het ons vandag nog die spreuk: “Jy het Salomo se wysheid nodig.” Salomo word om sy groot wysheid gehuldig. Groot dele van die wysheidsboeke in die Bybel, byvoorbeeld Spreuke, word aan Salomo toegeskryf. So ook die boek Hooglied. Salomo word veral in die Joodse tradisie as uitstekende koning gehuldig, die een wat die mure van Jerusalem opgebou en die majestueuse tempel in die stad voltooi het. Salomo het ‘n groot weermag opgebou. Met geweld het Hy van Israel en Juda ‘n imperiale mag gemaak, met handelsbelange in verskeie lande. Samuel het Israel en veral Juda ryk gemaak. Hy was selfs ‘n meer suksesvolle koning as sy vader Dawid.
(Foto: https://en.wikipedia.org/wiki/The_Queen_of_Sheba_visits_King_Solomon)