Woord van die jaar

Woord van die jaar

Die Oxford Woord van die Jaar tradisie het in 2004 die lig gesien en poog om elke jaar die jaar se tendense en woelinge deur middel van ´n enkele woord te beskryf. Dit is gonswoorde, kleurryke terme, woorde wat op almal se lippe is en was. Woorde soos “chav” (2004),...
Vader Kersfees, My Herder se geskenk weeg swaarder

Vader Kersfees, My Herder se geskenk weeg swaarder

Dit is weer daardie tyd van die jaar waar al die versierings en liggies oral om my opduik. Kersliedere klink in die kerk, kinders skryf briefies, en die lysies is lankal gemaak. Familie-etes word al weke vooruit beplan, met debatte oor wie se beurt dit hierdie keer is...
God en die Bosloerie, loer oor mekaar se skouer

God en die Bosloerie, loer oor mekaar se skouer

Een van my groot drome was nog altyd om ’n Bosloerie (Apaloderma narina) in lewende lywe in die bos te sien. ’n Paar weke gelede het ons klomp manne op ons jaarlikse toer gegaan om bietjie golf in die Laeveld te speel — ’n belewenis soos min. Skukuza, Witrivier,...
Wanneer die nuwe klop – maak oop

Wanneer die nuwe klop – maak oop

Die nuwe is altyd onbekend. Dit kan ’n vriend wees, dit kan ’n vyand wees – wie sal weet? Die enigste manier om uit te vind, is om die deur oop te maak. Dis juis daar waar vrees en teenstand insluip: ons wil beheer hê, maar die nuwe kom van buite ons, nie uit onsself...
Silwerskoon

Silwerskoon

Tyd vir “spring clean”! Dit was my dogter se eerste woorde toe ek haar herinner dat lente (uiteindelik) om die draai is. Dit is bewonderenswaardig, want ek moet bely dat dit nie my eerste assosiasie of hoop vir die nuwe seisoen is nie. Ek is opgewonde oor die dae wat...
Om God te sien

Om God te sien

Om God te sien, self te sien, is seker die hartsbegeerte van enige gelowige. Wanneer ons gebombardeer word met wêreldse nuus, vrae en onsekerhede, toekomsplanne en dinge wat bokant ons begrip is, wil ons soms soos Thomas uitroep: Ek wil eers self my hande in die merke...
Wat kies jy?

Wat kies jy?

Ek kan myself verloor in ´n Bybelkonkordansie. Die kleurfoto’s, kaarte en ekstra aantekeninge kan ´n bekende verhaal nuut inkleur. Voor my ontvou Kapernaum, Kreta, die See van Galilea, ´n voorstelling van die tronk waar Petrus aangehou is en van Damaskus, met...
Verdwaal, maar vergewe

Verdwaal, maar vergewe

“Ek sal teruggaan na my pa toe.” Hierdie woorde is die keerpunt in Jesus se aangrypende gelykenis van die verlore seun. Dit is die desperate woorde van iemand op moedverloor se vlakte: ´n vuil varkhok. So hopeloos en uitsigloos, dat selfs die varke se kos na ´n...